Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 26

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 27

1

 Jotam was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerusa, die dogter van Sadok.

2

 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Uss¡a gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.

3

 Hy het die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.

4

 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.

5

 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in die jaar honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.

6

 En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die HERE sy God.

7

 En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

8

 Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.

9

 En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

2 KRONIEKE 28

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: