Afrikaans Bible

PSALMS 61

PSALMS

Return to Index

Chapter 62

1

 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedutun." 'n Psalm van Dawid.

2

 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

3

 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

4

 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?

5

 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

6

 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

7

 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

8

 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

9

 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.

10

 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

11

 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

12

 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort, [ (Psalms 62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk. ]

PSALMS 63

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: