Afrikaans Bible

PSALMS 139

PSALMS

Return to Index

Chapter 140

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2

 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;

3

 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.

4

 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.

5

 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.

6

 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.

7

 Ek het tot die HERE gesĂȘ: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!

8

 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!

9

 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.

10

 Wat betref die hoof van die wat my omring -- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.

11

 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!

12

 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.

13

 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]

PSALMS 141

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: