Afrikaans Bible

PSALMS 140

PSALMS

Return to Index

Chapter 141

1

 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.

2

 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.

3

 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

4

 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.

5

 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig -- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.

6

 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

7

 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.

8

 Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!

9

 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.

10

 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ‚k verbygaan!

PSALMS 142

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: