| Chapter 3 |
1 | 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom. |
2 | |
3 | Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela. |
4 | Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. |
5 | Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela. |
6 | Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. |
7 | Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie. |
8 | Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. [ (Psalms 3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela. ] |