| Chapter 41 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. |
2 | Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil. |
3 | Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. |
4 | Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is. |
5 | k het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig. |
6 | My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan? |
7 | En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan. |
8 | Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê: |
9 | Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie. |
10 | Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig. |
11 | Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde! |
12 | Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie. |
13 | My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid. [ (Psalms 41:14) Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen. ] |