| Chapter 10 |
1 | Daarna het ek gekyk -- en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die grubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword. |
2 | En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die grub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die grubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in. |
3 | En die grubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul. |
4 | Toe het die heerlikheid van die HERE van die grub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid. |
5 | En die geruis van die grubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek. |
6 | En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die grubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan. |
7 | Toe steek die grub sy hand uit, tussen die grubs uit, na die vuur wat tussen die grubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; die het dit geneem en uitgegaan. |
8 | En daar is aan die grubs gesien die vorm van 'n mens se hand onder hulle vlerke. |
9 | Toe het ek gekyk -- en daar was vier wiele langs die grubs, telkens een wiel langs elke grub; en die voorkoms van die wiele was soos die van chrisoliet. |
10 | En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was: |
11 | as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. |
12 | En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle. |
13 | Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem. |
14 | En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n grub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend. |
15 | En die grubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het. |
16 | En as die grubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die grubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie. |
17 | As die bly staan, staan hulle; en as die opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle. |
18 | En die heerlikheid van die HERE het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die grubs gaan staan. |
19 | En die grubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was. |
20 | Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit grubs was. |
21 | Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke. |
22 | En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan. |