| Chapter 3 |
1 | Koning Nebukadnsar het 'n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig in die dal Dura, in die provinsie Babel. |
2 | Daarna het koning Nebukadnsar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnsar opgerig het. |
3 | Toe het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies bymekaargekom by die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnsar opgerig het, en hulle het voor die beeld gaan staan wat Nebukadnsar opgerig het. |
4 | En 'n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale, |
5 | sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnsar opgerig het. |
6 | En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word. |
7 | Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiekinstrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnsar opgerig het. |
8 | Op grond daarvan het tegelykertyd Chaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag. |
9 | Daarop het hulle met koning Nebukadnsar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe! |
10 | U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; |
11 | en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word. |
12 | Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abedngo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie. |
13 | Toe het Nebukadnsar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abedngo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring. |
14 | En Nebukadnsar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abedngo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie? |
15 | As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? |
16 | Sadrag, Mesag en Abedngo het geantwoord en aan koning Nebukadnsar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie. |
17 | As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; |
18 | maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. |
19 | Toe het Nebukadnsar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abedngo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was. |
20 | En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abedngo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi. |
21 | Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi. |
22 | Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abedngo opgeneem het, doodgebrand. |
23 | Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abedngo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval. |
24 | Toe het koning Nebukadnsar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! |
25 | Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos die van 'n godeseun. |
26 | Toe het Nebukadnsar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abedngo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abedngo uit die vuuroond uitgegaan. |
27 | Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie. |
28 | Daarop het Nebukadnsar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abedngo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God. |
29 | Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abedngo, stukkend gekap en van sy huis 'n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie. |
30 | Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abedngo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel. |