| Chapter 7 |
1 | En die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom; |
2 | en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur. |
3 | Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense. |
4 | En wanneer hulle van die mark kom, eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde. |
5 | Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande? |
6 | En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. |
7 | Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. |
8 | Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. |
9 | En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. |
10 | Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. |
11 | Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe -- |
12 | dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie. |
13 | So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. |
14 | En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan. |
15 | Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, d¡t is die dinge wat die mens onrein maak. |
16 | As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor! |
17 | En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis. |
18 | En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, |
19 | omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein? |
20 | En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. |
21 | Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, |
22 | diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. |
23 | Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein. |
24 | En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie. |
25 | Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval. |
26 | En sy was 'n Griekse vrou, 'n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf. |
27 | Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie. |
28 | En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels. |
29 | En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar. |
30 | En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê. |
31 | En Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galila gegaan, deur die gebied van Dek polis. |
32 | Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê. |
33 | En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan; |
34 | en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: ffata, dit is: Gaan oop! |
35 | En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat. |
36 | En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig. |
37 | En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat. |